JOIN US by signing up and start to make South Africa a better place!
Mobilitate

Sign up now to start using Mobilitate and make South Africa a better place.

Municipality: Moqhaka Local Municipality
NATIONAL - South Africa
PROVINCE - Free State
Follow this
Municipality
Speak Your
Mind

Total Followers

0
0
0
0
1
3
3

Leadership Structure

Mr Jihad Mohapi
Mr Jihad Mohapi
Mr Simon Moqwathi
Ms Veronica Ntepe
Ms Veronica Ntepe
Mr Morena Cebe
Mr Morena Cebe

Wards & Councillors

Ward 42001001 - SELLOANE VICTORIA MALOKOTSA
Total Member 0
Ward 42001003 - Cllr Jeanie Hattingh
Total Member 26
Ward 42001004 - MAMAKUME ANNAH MONOTO
Total Member 0
Ward 42001005 - MARIA MMANGAKA GREEN
Total Member 0
Ward 42001006 - MOKONE PATRICK THIPANE
Total Member 0
Ward 42001007 - DIMAKATSO MARIA MALINGA
Total Member 11
Ward 42001008 - LEPILE DANIEL KGANG
Total Member 0
Ward 42001009 - Cllr TM NTSALA
Total Member 0
Ward 42001010 - MPESI EZARIEL MOKOTLA
Total Member 3
Ward 42001011 - MOALOSI JONAS SETHABELA
Total Member 0

Municipal Activity

KROONSTAD. – Die dorp is in rep en roer oor ’n skielike vlaag aanvalle waarin inwoners by of in hul huise beroof is.

Die polisie het intussen ’n rower by ’n huis in hegtenis geneem. Hy kan met minstens nog twee sulke aanvalle en rooftogte verbind word, sê kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder.

Die polisie op Kroonstad het ’n taakspan saamgestel wat die rooftogte ondersoek, sê hy.

’n SMS wat die ronde doen, waarsku mense teen ’n sogenaamde “verkragtingsbende” wat vroue op die dorp teiken.

Nagel sê so ver dit die polisie aangaan, is dit glad nie so nie. “Die meeste van die voorvalle was waar inwoners, mans én vroue, inbrekers betrap het toe hulle tuisgekom het en hulle toe beroof is.”

Een van die slagoffers sê sy en haar dogter is by hul woonstel op die dorp aangeval toe hulle tuisgekom het. ’n Bejaarde egpaar in hul tagtigs is Sondagaand in hul huis oorval en beroof. ’n Familielid sê hulle is erg getraumatiseer.

In nog ’n voorval is ’n jong egpaar voor hul huis aangeval en beroof. Hulle is ook met traangas gespuit. In ’n ander voorval is ’n jong meisie met ’n snoeiskêr aangeval voor haar huis in die middedorp.

’n Oudlanddros, Jolene Tredoux, is verlede Woensdagaand in haar huis oorval, etlike ure lank aangehou, gewurg en beroof.

Intussen gons sosiale netwerke oor die aanvalle en waarsku mense mekaar om versigtig te wees as hulle ná donker by die huis kom.

Een van die slagoffers sê die polisie sal iets moet doen om inwoners se vrese oor die aanvalle te besweer.

Nagel sê mense moet so paraat moontlik wees en nooit hul deure ooplos nie, al werk hulle buite in die tuin of gaan haal iets in die motorhuis.

 

- Volksblad

Boodskap vanaf Moqhaka MM Mqwathi

You are hereby informed that the electricity to the following areas are scheduled for planned interruptions : CBD, Central residential areas, Industria, Kroondustria and Brentpark.

The interruptions are scheduled from 07h00 to 18h00 on the following days: 
Sunday 1 April 2012
Sunday 15 April 2012
Sunday 6 May 2012
Sunday 20 May 2012

These interruptions are necessitated to enable the connection of the newly refurbished 6.6kV Central Switching Station to the distribution network and forms a critical part of electricity supply within the central areas.

KROONSTAD. – Die laaste episode in die roemryke spoorweggeskiedenis van dié dorp het Vrydagaand tot ’n einde gekom toe die historiese stasiegebou deur ’n brand in puin gelê is.

Brandweermanne het verbete probeer om die brand te blus, maar met slegs veldvuurvegter-bakkies en ’n gehawende brandslang wat strome water gelek het tot hul beskikking, kon hulle net aangrensende geboue se dakke natspuit om te keer dat die brand versprei.

Verklarings is intussen reeds Saterdagoggend deur DA-raadslede en inwoners afgelê met die oog op strafregtelike klagte teen die munisipaliteit.

Die DA het reeds verlede jaar met ’n ondersoek begin na die haglike situasie rakende dienslewering deur die munisipaliteit se brandweer.

Ingeligtes is dit lank reeds eens dat dit net ’n kwessie van tyd was voordat ’n groot ramp gebeur.

’n Brandweerman op die toneel het Saterdagaand gesê hul hande is afgekap.

Die brandweer se twee groot brandweerwaens, ’n 1981-Iveco en ’n 1993-Rosenbauer, is nie een in ’n werkende toestand nie en kon nie na die toneel ontplooi word nie.

Volksblad verneem die waens is tans nie eens by die brandweerstasie nie.

’n Ooggetuie het gesê dit het die brandweer sowat 20 minute geneem om op die toneel te kom. Die brandweerstasie is ongeveer 400m van die stasie geleë. Omstanders het geskok en hartseer toegekyk hoe die gebou brand.

Vir die munisipaliteit se bestuur het die meeste van hulle niks goeds te sê gehad nie.

“Hierdie is ’n groot tragedie. Kyk hoe moet die brandweer sukkel, dis ’n skande. Dis nou die einde van ’n era wat deur swak munisipale bestuur aangehelp is,” het een man, wat anoniem wou bly, gesê.

Mnr. Maselela Langa, polisiewoordvoerder, sê brandstigting word ondersoek. Hy sê die geboue wat in puin gelê is, was nie meer in gebruik nie, maar hawelose mense het soms daar geslaap.

Mnr. Khojane Madiba, woordvoerder van die munisipaliteit, erken openlik dat die brandweertoerusting ontoereikend is en in ’n brand soos dié van geen waarde is nie.

Hy sê daar is nie geld vir nuwe brandbestrydingstoerusting nie. “Ons sal na die provinsiale of nasionale regering om geldelike hulp moet kyk.”

 

- Volksblad

Kroonstad-inwoners,

Wat dink julle hiervan?

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Afsny-van-water-en-krag-is-dan-reg-20111205

Is Me Olga Rademan 'n Mobilitate-gebruiker? Nooi haar om te registreer!

Dit gaan ’n reuse-bedrag van R350 miljoen kos om die Moqhaka-munisipaliteit, wat Kroonstad, Viljoenskroon en Steynsrus insluit, se rioolstelsel op peil te kry, al sy toilette werkend en toegebou te kry en pompstasies reg te ruk.

Só lui ’n verslag deur Jihad Mohapi, burgemeester, aan die taakspan van die departement van menslike nedersettings wat onder meer die toebou van die sogenaamde oop verkiesingstoilette moet ondersoek.

Terwyl die reuk van rou riool verstikkend in die lug gehang het, het inwoners van die Rammulotsi-woonbuurt in Viljoenskroon vergeefs gewag op Winnie Madikizela-Mandela, hoof van dié taakspan. Sy sou gister self hier kom kyk het na die vordering met die toebou van die toilette en na inwoners se klagtes geluister het.

Benewens die 1831 oop toilette wat vroeër vanjaar ten tyde van die verkiesing landwyd opslae gemaak het en nou toegebou is, het die munisipaliteit in sy ondersoek bevind daar is ’n bykomende 2820 huishoudings wat nie werkende toilette het nie, of waar toilette oop staan, of wat glad nie toilette het nie, of nog die put- of emmerstelsel gebruik. Dié toilette is in Rammulotsi, Marabastad (Kroonstad) en Steynsrus, sê Mike Lelaka, waarnemende munisipale bestuurder.

Debbie Shahim, DA-raadslid wat oorspronklik die toilet-skandaal oopgevlek het, het aan Volksblad gesê die toebouwerk van die oorspronklike toilette is swak. ’n Klomp van die strukture is weer afgebreek, sê sy.

Luidens die verslag sal kontrakteurs wat nie hul werk doen nie, nie ten volle betaal word nie.

Intussen blyk dit mense in die gemeenskap breek nou bestaande toiletstrukture af omdat hulle hoor die munispaliteit gaan nuwes bou.

Dít en ’n tekort aan geld was die grootste struikelblokke wat ervaar is met die toebou van die eerste klomp toilette, lui die verslag.

Shahim sê dit is onverstaanbaar dat die munisipaliteit so baie geld betaal het om die toilette toe te bou. Die koste beloop R6500 per toilet.

Lelaka sê die rede hiervoor is omdat dit nie net gaan oor die toebou van die toilette nie, maar om elke huishouding met ’n ten volle werkende toilet toe te rus.

“Daar is toilette wat gebreek het, waarvan die toilet self vervang moet word. Sommige se pype het intussen verstop geraak. Dit moet oopgegrawe word en weer gekonnekteer word. Die R6500 is ’n holistiese som om elke toilet en sy struktuur ten volle te herstel.”

Luidens die verslag het die toebou van die oorspronklike groep toilette net meer as R14miljoen gekos.

Lelaka sê die Ontwikkelingsbank het reeds met die munispaliteit ooreengekom om R7,5 miljoen hiervoor te gee en die departement van menslike nedersetting het R2,5miljoen belowe.

Lelaka het gesê die munispaliteit is baie bly die departement gee aandag aan die riool- en toiletprobleem in Moqhaka, omdat dit bevestig hoe dringend die saak en groot die krisis is.

Moqhaka gaan gereeld verslag lewer aan die taakspan, wat in Januarie weer aan die minister, Tokyo Sexwale, gaan verslag doen.

Volksblad (Marlene Jordaan)

 

The Mobilitate team headed slightly south last week to Kroonstad in the Free State.

Together with the civic group Gatvol Kroonstad, Mobilitate hosted an open night to talk to disgruntled residents about the Mobilitate platform and how it can aid them in the fight for improved service delivery.

Many of the town’s issues are already logged on Mobilitate and residents can monitor and keep track of all these issues, fixed or not.

To say that the service delivery in this town is poor is an understatement. Even as we arrived we were faced with one pothole after the other. The folks in town have to buy drinking water because allegedly sewage flows  into the river at 12 different places. Residents even laid a criminal charge against the municipal manager, Simon Moqwathi, because of this. Electricity disruptions are also at the order of the day.

Kroonstad is just one of many Free State towns that is crippled by poor service delivery. Earlier in the year African Nation Congress (ANC) chairman, Ace Magashule, painted a picture of municipalities incapable of delivering even the most basic of services and whose operation, more often than none, ends up depending on handouts from the provincial government.

In the Ngwathe and Mafube municipalities residents have taken over control of basic services such as disposal of sewage and waste removal.

The ratepayers’ rebellion has a backdrop of growing citizen activism across South Africa – 30 other ratepayers’ associations have refused to pay up to R10m in rates and taxes, according to the Business Day.

Mobilitate once again urges residents of Kroonstad to register on Mobilitate and report all the service delivery issues in order to have everything visible on one platform. Take action NOW, don’t wait for someone else to do it.

Simply go to www.mobilitate.co.za to register and if you have any queries or questions contact us at infoza@mobilitate.co.za.

Dear Kroonstad residents

Remember that we will be in Kroonstad on Thursday 27 October.

Come and join us at 18:00 in the old City Hall in Cross Street.

We will show you how Mobilitate works and discuss the benefits for a town like Kroonstad to use the Mobilitate platform.

If you are serious about improved service delivery in Kroonstad, please come and bring everyone that you know along.

You are hereby invited to join the Mobilitate Team and Gatvol Kroonstad Action group, for a presentation about the website.

Please distribute our flyer , which you can download here

Date :18:00 on October 27

Venue : Old Town Hall, Cross Street

Tharine Geldenhuys KROONSTAD.

Kroonstad óf Maokeng óf Bodibeng? Wat die derde grootste dorp in die Vrystaat binnekort gaan heet, bly steeds ’n ope vraag.

Gemoedere het hoog geloop en ’n klomp Kroonstadters het gister uitgestap uit die openbare verhoor van die Vrystaatse komitee vir geografiese name, onder voorsitterskap van adv. Sephiri Moshodi. Dit is in die saal van die -censored-ërskool Kananelo in Maokeng gehou.

Aanvanklik het dit gelyk of die verrigtinge rustig sou afloop en inwoners op ’n geordende wyse kommentaar oor die beoogde naamsverandering kon lewer.

Sowat 580 inwoners, verteenwoordigend van alle gemeenskappe, het in die verhoor gesit. Spreekbeurte is aan talle inwoners gebied, maar nadat mev. Mariëtte Pittaway, DA-koukusleier, ’n spreker tot ’n punt van orde geroep het, het ANC-ondersteuners met dreunsang die woord “Ngoma” (Sesotho vir ons wil niks meer hoor nie) gesing.

Talle Kroonstadters het uitgeloop.

Opposisiepartye en die Kroonstad Gatvol!-besigheidsaksiehet vooraf rigtingaanwysers van Kroonstad af na die skool aangebring.

Mnr. Piet Cordier, voorsitter van Kroonstad Besigheid en Toerisme (KB&T), moes net voor die byeenkoms weer verwyderde aanwysings aanbring vir die gerief van inwoners van Kroonstad wat die verrigtinge wou bywoon.

Maokeng beteken “plek van doringbome”, terwyl die ander voorgestelde naam Bodibeng “spruit” beteken.

Gedokumenteerde geskiedenis wil dit hê dat Kroonstad genoem is na ’n perd, Kroon, wat aan Lang Adriaan de la Rey, ’n Voortrekker, behoort het. Kroon het sy been in ’n spruit, vandag bekend as Kroonspruit, gebreek. Cordier sê uit ’n sake-oogpunt en weens die uiters swak bestuur en verval van Kroonstad behoort geld eerder aan herstelwerk bestee te word. ’n Naamsverandering kan sakelui, soos die motorhandelaarshoof me. Mary-Ann van Aswegen, tot soveel as R24000 uit die sak jaag om briefhoofde te verander, ook weens ander onverwagte administratiewe uitgawes.

Sy staan die naamsverandering teen.

Pittaway het benadruk dat wetgewing oor naamsveranderinge duidelik uitstippel dat bestaande plekname nie gebruik mag word nie. “Daar is reeds ’n Maokeng in Gauteng, China en ons eie township hier. Bodibeng is ’n dorp in Botswana. Ons mag nie een van die voorgestelde name gebruik nie.”

Talle inwoners, soos mnre. Joseph Serenyane (35), Jerry Motiea (26) en mnr. Reginald Mayikoso (80), almal Maokeng-inwoners, meen dienslewering moet voorrang geniet en geld moet nie op name verkwis word nie.

Altesaam 2488 inwoners het in ses dae versoekskrifte onderteken om hul teenkanting teen ’n naamsverandering te kenne te gee.

Cordier wou dié pak versoekskrifte aan Moshodi oorhandig het, maar is nie die kans gegun nie.

Mnr. Mike Smith, Vrystaatse verteenwoordiger in die nasionale naamsveranderingkomitee, het van die inwoners wat uitgestap het, vergeefs probeer terugroep.

Smith sê die uitstappery is tot nadeel van diegene wat die naamsverandering teenstaan omdat die komitee gister ’n finale voorlegging en stemming uit die gehoor wou saamstel.

Mnr. Gerrit van Schalkwyk, voorsitter van die Moqhaka-belastingbetalers- en inwonersvereniging (MBIV), het ook die wet op naamsveranderinge aangehaal en die komitee gevra om aandag aan die noodsaaklikheid van ’n naamsverandering al dan nie te gee, “omdat Moqhaka (veral Maokeng) eerder huise benodig”.

Dr. Annelie Lotriet, DA-woordvoerder vir sport, kuns en kultuur, was ook in die verhoor en gaan die wanorde en ander sake wat haar bekommer by die verrigtinge aan die minister op skrif stel.

Die finale besluit oor of ’n pleknaam verander word al dan nie, berus by die minister. Belanghebbendes het ná die aankondiging van ’n naamsverandering 30 dae tyd om beswaar te maak.

- Volksblad